Archive for October, 2010

Die moraliteit van die aanhou van papegaaie

Papegaaie is vir honderde jare al as troeteldiere aangehou. Seerowers van ouds is voorgestel as ‘n eenoog knap met ‘n hout been en ‘n papegaai op die skouer. Vandat die seeroetes oopgestel is vir handel is papegaaie in groot getalle na veral Europa en Amerika geneem.

Vandat die lugvervoer in die jare vyftig reistye dramaties verkort het is papegaaie op groot skaal verhandel en uitgevoer. In die tydperk van 2000 tot 2005 is daar bv. 245 000 African Grey’s uitgevoer op kwota uit midde Afrika. Baie ander lande het egter hulle kwotas oorskry. Ons kan ook aanvaar dat baie papegaaie onwettig uitgevoer is en indien ons die hoë moraliteite in ag neem van papegaaie wat gevang is maar gevrek het voor uitvoer kan die getalle wat gevang was baie hoer wees. ‘n Land soos Cameroon was tans glad nie meer African grey’s mag uitvoer nie, het van 1994 tot 2003 ‘n getal van 156 000 uitgevoer. Cites het die kwotas en lande wat mag uitvoer drasties gesny en tans mag ‘n land soos die DRC maar 4000 per jaar uitvoer.

Daar is sterk sprake daarvan om ‘n verbod te plaas op die uitvoer van Grey’s. die getalle in die wild het dramaties afgeneem as gevolg van ontbossing asook die vang van papegaaie. African grey’s is as voorbeeld gebruik maar dieselfde posisie is by die oorgrote aantal spesies papegaaie teenwoordig. Papegaaie van eilande afkomstig is nog meer kwesbaar. Waar ons vroeër in die posisie was waar ons papegaaie wat gevrek het eenvoudig kon vervang word met ‘n ingevoerde een is die posisie nou dat baie spesies skaars begin raak en daar is sekere spesies wat eenvoudig uit ons versameling sal verdwyn. Waar ons vroeër nie nodig gehad het om elke dier soos goud op te pas nie het die tyd aangebreek waar ons nou groter sorg aan die dag moet lê. Die aanhou van papegaaie is in die verlede in die pers veroordeel as grootskaalse vrektes soms onder ingevoerde papegaaie voor gekom het.

Hierdie negatiewe konnotasie behoort te verminder omdat die getalle voëls wat ingevoer word ook verminder. Europa het nou ‘n permanente verbod op die invoer van wildgevangde papegaaie. Handelaars in Europa wat finansiële belang gehad het in die invoer van wild gevangde papegaaie sou druk op die regering geplaas het om die kwotas toe te laat vir invoer in die EU. Nou dat daar ‘n permanente verbod is het hulle geen belang meer in die kwotas nie en kan ons verwag dat kwotas van baie spesies skerp gaan afneem. Dit is te midde van ‘n beroep van vooraanstaande persone in die bedryf soos Rosemary Low wat ‘n verbod op handel in wildgevangde papegaaie voorstaan. Indien ons wil kyk na die moraliteit van die aanhou van die papegaaie en hoe on sons kritisie se monde kan snoer is daar dan die volgende wat van belang is.

  1. Daar is ‘ mark vir papegaaie as troeteldiere en indien ons in hierdie mark kan voorsien kan ons self bydra daartoe dat dit nie meer nodig is om papegaaie in die wild te vang nie.
  2. Die bedryf moet ‘n slegte reputasie vermy. Aandag moet gegee word aan die volgende

2.1 Handelaars en boere moet eerlike besigheid binne die wet bedryf. Dit sluit in dat boere ‘n reputasie moet opbou dat gesonde, goed gesosialiseerde papegaaie verkoop word. Uitvoerders het ‘n groot verantwoordelikheid om te sorg dat ons bekend staan as ‘n land met gesonde papegaaie van hoogstegehalte. Daar is tans ‘n ernstige leemte in die verband. Persone wat die naam van die bedryf skaad moet aan die kaak gestel word.

Suid Afrika kan nie bekostig dat die optrede van een of twee persone ons naam internationaal skaad nie. Standaarde van aanhouding moet nagevolg word en verbeter word.Die bedryf moet bemark word as nie primer daarop ingestel om soveel wins as moontlik te maak nie maar eerstens na die welsyn van die diere om te sien. Boere moet toesien dat julle deskundiges raak op die gebied van die aanhou en teel van die spesies wat julle aanhou.

Ons as boere moet ons kennis deel met soveel moontlik ander mense ten einde verseker dat eienaars en hul diere die beste moontlike kans het op ‘n lang en gelukkige samesyn. Indien ons suksesvol bedreigde spesies kan teel sal ons onthou word as die persone wat die spesie van uitwissing gered het en nie die persone in wie se hokke die laaste spesie uitgesterf het nie. Aardverwarming is ‘n realiteit en dit is nie vergesog dat sekere laagliggende eilande mettertyd sal verdwyn nie.

Spesies wat op hierdie eilande voorgekom het mag slegs in papegaaiversamelings oorleef. Skaars papegaaie insluitende Cites I papegaaie moet nie as troeteldiere aangehou word nie maar in teelprogramme aangewend word.

3. ‘n Beroep word op alle klubs gedoen om te poog om die beeld van die papegaaieboere te verbeter deur aandag aan bogenoemde te gee.

Bestuur van Voëlboerdery

A: HUISVESTING

1 – Hitte is gewoonlik ‘n baie groter problem as koue. Beskut slegs teen koue suide winde. Vir hitte help die volgende – Plafonne, Skadunet. [80% ongeveer 300mm bokant die dak ] of verf die dakplate aan die bokant wit. Dit help ook baie as die dakplate nie direk op die hokke is nie maar 300 -400 mm bokant hok.

2 – Plaas die voëls in groepe volgens gewig en tipe om dit makliker te maak met die voeding veral as afgemete sagtekos en uitgelope sade gevoer word.

3 – Hou aggressiewe voëls soos Rosellas en sommige Conures en Kakkatoes uitmekaar. Plaas ringnekke, Prinsesse, Barrabands en in die geval van Kakkatoes, Amasones in die hokke tussen in. Veral Rosellas kan verskriklik deur die draad baklei. Dubbel draad sal verhoed dat die voëls mekaar beseer en dat kuikens wat pas uit die nes is se tone en bobekke afgebyt word maar die mannetjies kan so met mekaar baklei dat daar van ‘n broeiery en bevrugte eiers nie veel sprake is nie. Die mannetjie kan selfs uit frustrasie die wyfie aanval en doodmaak. Soliede afskortings moet altyd oorweeg word. [ Dit is in elk geval goedkoper as dubbeldraad] Die gedeelte by die neste moet ten minste afgeskerm wees.

4 – Alle voëls kan ook nie in ewe lang hokke gehou word nie. Die meeste egte Papagaaie, Conures en Lorikiete kan in redelike kort hokke gehou word met goeie resultate. Australiese parakiete, en sommige Kakkatoes soos Galahs en Major – mitchells doen gewoonlik beter in langer hokke.

5 –Hanghokke teenoor staanhokke. Die laaste is nog lank nie hieroor gesë nie. Hanghokke is egter baie gesonder teen siektes en rondewurm besmetting. Moet egter nooit verwag om dieselfde broeiresultate te kry in ‘n hanghok van 1,8 meter as in ‘n staanhok van 4 meter. As die hokke egter ewe lank is behoort die hanghok beter te doen. Voëls vang moeiliker in lang hanghokke en daar moet voorsiening gemaak word om die agterste sithokke te kan vervang as hulle opgevreet word.

6 – Beplan altyd genoeg hokke vir jou jong voëls. Sommige pare verdra hulle kuikens nie te lank nie. Dan moet mens ‘n plek hê om hulle heen te skuif. Anders kan die mannetjie hulle aanval en sleg seermaak.

B: KOSGEE

1 – Voer altyd dieselfde tyd van die dag.

2 – Moet nie na elke voedingslesing jou totale voeding verander nie. Die lesing word gewoonlik deur ‘n verteenwoordiger van ‘n kosvervaardiger gelewer, hy wil graag sy produk verkoop. As jou voëls goed broei en gelukkig lyk moenie dramatiese veranderings aanbring nie. Voëls pas baie stadig by vreemde kosse aan. As ‘n groot aanpassing nodig is doen dit buite die broeiseisoen.

C: NESTE

1 – As diet enigsins moontlik is plaas die neste buite die hok in ‘n gang, met ‘n inspeksiedeur van die gang se kant. Dit vergemaklik nesbeheer geweldig.

2 – Meeste voëls sal in plankneste broei wat ongeveer 2 tot 3 keer so diep is as wat dit breed is. ‘n Goeie vertrekpunt is om die vloerplan in vierkante te maak so groot as wat die voël lank is sonder sy stert. Byvoorbeeld Goue mantel = 18cm x 18cm x 45cm , Pennant = 20cm x 20cm x 50cm.

3 – Sommige voëls doen beter as die nes horisontaal geplaas word byvoorbeeld African greys, Amasones en Macaws.

4 – Vir voëls wat hulle neste opvreet kan gekyk word na harder hout, neste binne uit te voer met maasdraad, stompneste, neste van beton en selfs metal dromme.

5- Gebruik swaar nesmateriaal soos houtspaanders. Te ligte material laat die eiers insak wat net tot verliese ly.

D: NESBEHEER

1 – Ek kyk elke dag in elke nes gedurende die broeiseisoen. Die moontlikheid dat ‘n wyfie die eiers sal los is uiters skraal. Deur gereelde nesinspeksie te doen weet ‘n mens altyd wat in die neste aangaan en kan baie eiers en kuikens gered word wat andersins verlore sou gaan. In gevalle waar die wyfie die nes los moenie die eiers summier weggooi nie. Al is hulle heeltemal koud. In baie gevalle kan hulle nog gered word. Plaas hulle onder ander voëls of in ‘n broeimasjien.

2 – In koue weer is dit altyd beter om nesinspeksie gedurende die warmste tyd van die dag te doen sodat die eiers so min moontlik afkoel. Veral eiers wat net begin groei is baie sensitief.

3 – Wanneer van pleegouers gebruik gemaak word moet die eires baie duidelik gemerk word veral as daar mutasie of hulle splits betrokke is. ‘n Vilt punt pen soos bv. Artline 700 werk goed as jy enige iets anders gebruik maak seker dit is XYLENE vry [ dit is baie giftig vir voëls]

4 – Die volgende voëls kan as pleegouers gebruik word:
Redrump vir: Redrumps, Alle Rosellas, Prinsesse, Barrabands, Rockpebblers, Crimsowings, Grasparakiete, Many-Coloured, Hooded En Selfs Klein Conures.
Ringnekke vir:Ringnekke, Alexandrines, Slaty-Headed,Malabar, Caiques, Pionusse, Amasone tot en met Blue-Fronted, Kakkatoes tot en met Major Mitchell.
African Grey vir:Amasones, Macaws en ander groot papagaie. Meeste papagaie kan vir pleegouers gebruik word. Kokketiele en Budgies is egter bekend vir hul onbetroubaarheid.
RINGE Dit kan nie genoeg beklemtoon word hoe belangrik dit is dat alle voëls gering moet word nie, veral by mutasies en hulle splits asook skaars en bedreigde voëls. Die geloof dat voëls hulle maklik aan die rine kan ophang is erg oordrewe. Huidige hokke van maasdraad het nie meer uitstaande los drade van die ou hokke wat van sifdraad gemaak was nie. As die ringe van die regte grootte is sal hulle ook nie sommer haak nie. Vir uitvoer sal alle voëls binnekort in elk geval gering moet wees met geslote ringe.

ALGEMEEN

1. Hou rotte, muise en mossies uit jou hokke. Hulle vreet kos, versprei siektes. Rotte kan selfs jou voëls vang.

2. Loop jou hokke gereeld deur en ken jou voëls. Dan sal jy vroegtydig agterkom as ‘n voël siek is.

3. As dit moontlik is behandel siek voëls in hulle hokke. Ons stres meer voëls dood as wat die siekte doodmaak deur hulle in te bring na gloeilampe wat reg deur die nag aan en af gaan en mense wat nou skielik baie nader aan die voëls kom as gewoonlik.

4. Hou voëls aan waarvan jy hou. As Conures vir jou te veel raas los hulle al sê mense jy kan baie geld uit hulle maak.

5. Neem jou eie situasie in ag. As jy ‘n klein erf het moenie Australiese parakiete in 1,2 meter hokke probeer broei nie want dit gaan net hartseer bring. Daar is baie ander voëls wat goed in klein hokke werk.

6. Dink aan jou bure. Moenie Eclectusse of Mecaws aanhou in hokke wat 2 meter van hul slaapkamervenster af is nie. Jy gaan probleme kry.

7. Hou jou bestuur so eenvoudig soos moontlik. ‘n Eenvoudige voedingstelsel wat werk is altyd beter as ‘n ingewikkelde stelsel wat onuitvoerbaar is.

8. Koop toerusting wat jy werklik nodig het. Ek sien te veel broeimasjiene, kunsmoeders en ander duur toerusting wat veral aan beginner voëlboere afgesmeer word deur slimpraatjies en dan ongebruik rondstaan.

9. Koop altyd jong voëls.die versoeking is groot om volwasse pare aan te koop, onthou net bitter min menses al ‘n paar verkoop wat suksesvol by hulle broei.

Search
Archives

You are currently browsing the Birds of North West blog archives for October, 2010.

Bookmarks
Login
Poll
    • What do you think of our new website?

      View Results

      Loading ... Loading ...