Lineolateds Parkiete

Lineolateds die mees omgewing-vriendelike parkiet.

Alternatiewelik name: “Barred Parakeet” of “Catharine Parakeet”.

Wetenskaplike naam: Bolborhynchus lineola lineola

Subspesie:
 
Bolborhynchus lineola tigrinus. Die subspesie word oor die algemeen die “Barred Parakeet” genoem. Suiwer vorme van beide is uiters skaars aangesien tydens teling nie voorsiening gemaak is vir die twee nie. Ingevoerde wilde voëls kom selde voor
.
Ander binne die familie: 
Bolborhynchus orbygnesins : “Andean Parakeet” 
Bolborhynchus ferrugineidrons : “Rufous-fronted Parakeet”. 
Die algemene opvatting is dat die Sierra- en die Mountain- parakeet ook binne      die familie val, maar gekyk na die onderskeie twee voëls, lyk hulle totaal anders.   Volgens Juniper en Purr (1998) behoort hierdie twee eerder tot diePsilopsiagon’s.

Herkoms:
Suid- en Sentraal- Amerika. lineola lineola: Mexiko suidwaarts tot in Panama.      In digte woude ver bo seespieël.  lineola tigrinus: Colombia suidwaarts tot in Peru.In oop bosse en gras vlaktes van subtropiese gebiede.

Beskrywing:
lineola lineola: Vere liggroen met swart op die punte, wat die “barred”-effek gee. Die swart wissel van voël tot voël en van wyfie na mannetjie. Die verskille is meestal uiters klein en onopvallend. Die “barred”-effek is duidelik op die stert, vlerke, sye en skouers. Die nek en wange toon ook duidelike swart lyne. Die bors en maag is ‘n ligter skakering groen, geler van kleur, met geen swart lyntjies. Die swart lyntjies van die nekvere word onduidelik op die mantel. Die skouer is swart. Die bek is beenkleurig, met ‘n swart punt, terwyl die pote vleeskleurig is met swart toonnaels. Die veerbedekking onder die vlerke is vaal- tot blou-groen van kleur, sonder die lyntjies. Die oogring grys met ‘n bruin iris. Die stert is kort en gepunt. Lineola tigrinus: Verskil van lineola met in die dat die swart “barring” baie duideliker is en die “barring” van die skouers amper totaal swart is. Die bek en pote is ook  donkerder van kleur.

Grootte: 16cm.

Gewig: 50gram.

Lewensverwagting: 10jaar

Geslagsbepaling:
Oor die algemeen kan die geslag redelik maklik met ‘n geoefende oog bepaal    word. Die hoeveelheid swart aan die bokant van die stert gee die geslag weg. Die   mees akkurate metode bly egter DNA of Kliniese bepaling. Mannetjies: Middelste twee stertvere groen met ‘n swart punt wat oploop tot by die skag. Wyfie: Middelste twee stertvere groen met geen of min swart op die punte.          Kuikens: Swart merke minder, terwyl die groen ‘n ligter kleur toon, veral op die kop.    

Lineolated Mannetjie (Groen)

Lineolated Wyfie (Blou)
Dieet:
Verskeidenheid klein sade soos millet, manna, kanarie, lyn, niger en hemp. Sonneblom moet totaal vermy word, verskeidenheid vrugte, groente asook bloeisels van bloekombome word geniet.

Broei:
Legsels bestaan gewoonlik uit 3-6 eiers wat na 18-21dae uitbroei. Die wyfie begin broei na die tweede eier gelê is. Kuikens bly in die nes vir 5 weke waarna hulle ‘n verdere 14-20 dae by die ouers bly totdat hulle gespeen is. ‘n Tweede of selfs derde legsel per jaar is moontlik. Kuikens begin egter vroeg reeds peusel maar sal steeds vra vit kos. Kuikens het ligte vaal dons by geboorte wat donker grys word voordat die vere begin deurkom. Neskaste verskil na gelang van voorkeur, die algemene grote is egter 20cm X 20cm X 30cm (LxBxH). Die binnekant word uitgelê met 50% growwe saagsels en 50% riviersand, (4cm).Die wyfie sal ook sodra sy begin nes maak, donsvere gebruik om die nes mee uit te voer. Jong voëls is broeigereed so vroeg as ses maande, maar dit is belangrik om kuikens te verhoed om te broei voor twaalf maande. Gevestigde pare moet verkieslik nie opgebreek word nie, indien wel en hulle sien mekaar steeds, sal die nuwe paar moeilik gevestig word. 

Neskaste   Akkommodasie:
Hanghokke van 1,2m X 0,5m X 0,9m per paar word gebruik. Konvensionele     hokke met groter afmetings kan gebruik word om op ‘n kolonie basis te teel. Die  gebruik in die buiteland is om die voëls in klein broeikaste soos vir kanaries te teel. Die broeikaste word dan ook binnenshuis in beheerde omgewings geplaas. Hier in Suid-Afrika verkies die telers om voëls te koop wat nie binnenshuis  geteel is nie. Terwyl klimaat toestande hier deur die jaar meer gunstig is, sodat hulle buite aangehou kan word. Voëls slaap in die neskaste.

Algemeen:
Hierdie unieke voëltjie is die mees omgewings-vriendelike voël wat daar kan wees. Hulle is nie lawaaierig nie, nie vernielsugtig nie, van nature baie mak en vra min spasie. Die mees uitstaande kenmerk van die spesie is sy bewegings, wat lyk of  alles in stadige aksie gedoen word. Wanneer die voël opgewonde is sal die stert vere herhaaldelik oop gesprei en toegetrek word. Skrik die voëls, is al die stadige aksies egter vergete en vlieg hulle paniekerig en ontwykend met onverwagte vaart in die hok rond. Normaalweg hou hulle daarvan om eerder te loop as om te vlieg. Let op dat voëls se toonnaels baie vinnig groei en maklik te lank word. Mannetjies wat wil paar sal homself langs die wyfie posisioneer en sy een poot optel en op die rug van die wyfie plaas. Hierdie gedrag is ook ‘n duidelike  teken van geslag en mens kan daarvoor oplet by jong voëls wat die geslag sal  bevestig. Dit word algemeen aanvaar dat voëls ook binne die neskaste sal paar. Wyfies broei alleen maar die mannetjie word gereeld saam met die wyfie in die nes gesien. Handgrootgemaakte voëls is baie lieftallig en maak uitstekende  troeteldiere en selfs‘n paar woorde kan aangeleer word. Aggresiwiteit is nie deel    van die voël se samestelling nie, nie teenoor mekaar nie en ook nie teenoor hulle   kuikens nie. Hierdie voëls sal nooit in die waterbak bad nie, maar waardeer ‘n ligte sproei. Hulle hang onderstebo en sprei die vlerke oop om die maksimum voordeel te kry. Wanneer die water te veel en te hard val sal hulle die situasie vermy. Die voëls het ‘n afsku in skerp sonlig en vermy dit altyd. Wanneer daar geëet word, kan jy tot baie naby kom, voordat hulle wegvlieg.  Mutasies:
 
Daar bestaan huidiglik verskeie mutasies en kombinasies daarvan.
Primêre kleur (Normaal) Liggroen Primêre mutasies: Lutino (geslagsgekoppel)     Turqouise (resessief) (normaalweg Blougenoem) Edge (geslagsgekoppel ko-dominant)  Donker faktorige. Bont (resessief) (nog nie gevestig nie) Sekondêre mutasies: Creamino (geslagsgekoppel resessief)                     Donkergroen (1 donker faktor)  Olyfgroen (2donkerfaktore)  Kobalt (resessief met 1 donker faktor)  Mauve (resessief met 2 donker faktore)

 

 

 Beskrywing van die mutasies:
Waar die teken (*) voorkom beteken dit dat die paring omgedraai kan word en die uitkoms sal dieselfde wees. 

Lutino : Alle swart pigment word verloor en die voël is totaal geel. Die naels is ook  bleek in plaas van die swart en die oë is rooi. Mannetjies en wyfies kan nie  onderskei word nie, optrede kan ‘n aanduiding wees maar, moet nie op vertrou word nie.

Groen X Lutino = man. 100% Groen/Lutino + wyf. 100% Groen 

Lutino X Groen = man. 100% Groen/Lutino + wyf. 100% Lutino 

Lutino verberg altyd die donker faktor, Lutino’s lyk dieselfde. 

Creamino : Alle swart pigment word verloor en ‘n groot deel van die geel pigment sodat  die voël ‘n cream voorkoms het. Die toonnaels is bleek en die oë rooi. Geslag kan nie uiterlik onderskei word nie. 

Blou X Lutino/Blou = man. 50% Groen/Blou/Lutino + 50% Blou/Lutino wyf. 50% Groen/Blou + 50% Blou    

Lutino/Blou X Blou = man. 50% Groen/Blou/Lutino + 50% Blou/Lutino        wyf. 50% Lutino/Blou + 50% Creamino 

Creamino verberg altyd die donker faktor, Creamino’s lyk dieselfde. 

Donkergroen : Al die eienskappe van die normale groen maar die skakering groen is  duidelik donkerder.  

               

Groen X Donkergroen = 50% Groen + 50% Donkergroen(*)                       

Een donker faktor moet oorgedra word na die helfte van die kuikens.        

Olyfgroen : Al die eienskappe van die normale groen maar die groen is olyfgroen. 

Donkergroen X  Donkergroen = 25% Groen  +  50% Donkergroen  + 25% Olyfgroen (*) 

Donkergroen X Olyfgroen = 50% Donkergroen + 50% Olyfgroen (*) 

Twee donker faktore moet na een kuiken oorgedra word. 

Blou : Groot deel van die geel pigment verdwyn om die amper suiwer ligblou te kry, verder word al die ander eienskappe behou.

(Turqouise blou) Groen X Blou = 100% Groen/Blou (*) Groen/Blou X Blou = 50% Groen/Blou + 50% Blou (*) Blou X Blou = 100% Blou (*) 

Kobalt : Soos in blou maar die blou is baie donkerder, amper persblou.

(Turqouise kobalt) Donkergroen/Blou X Blou = 25% Groen/Blou + 25% Donkergroen/Blou + 25% Blou + 25% Kobalt (*) 

Blou X Kobalt = 50% Blou + 50% Kobalt (*)  

Mauve : Al die eienskappe van die normale voël behalwe dat die kleur grys is. Sommige voëls toon ‘n kobalt-skynsel.

(Turqouise mauve) Donkergroen/Blou X Kobalt = 12.5% Groen/Blou + 12.5% Blou + 25% Donkergroen/Blou + 25% Kobalt + 12.5% Mauve          12.5% Olyfgroen/Blou (*) 

Kobalt X Mauve = 50% Kobalt + 50% Mauve (*)   

Edge (Gesoomd) : Word ook Spangle genoem. Die eienskap van die mutasie is ‘n gedeeltelike (80%) vermindering in swart pigment op die een X-kromosoom (enkelfaktor man) en amper totale (80% + 80%) vermindering in swart pigment op beide die X-kromosome (dubbelfaktorige mannetjies). Aangesien die wyfie oor slegs een  X-kromosoom beskik wat dus ook (80%) vermindering toon (enkelfaktorige  wyfies) vertoon die wyfies dieselfde as die dubbelfaktorige mannetjies. Aangesien die mutasie nie net ko-dominant is nie, is dit ook geslagsgekoppel en dit is die rede waarom daar nie ‘n dubbelfaktorige wyfie kan wees nie. Onthou as daar van geslagsgekoppelde mutasie gepraat word, moet in terme van X- en Y-kromosome gepraat word. Mannetjies beskik oor twee X-kromosome en wyfies oor een. Mannetjies word getoon as XX en wyfies as XY

EdgeGroen(EF) X Groen = man. 50% EdgeGroen (EF) + 50% Groen  wyf. 50% EdgeGroen (EF) + 50% Groen 

EdgeGroen(DF) X Groen = 100% EdgeGroen (EF) 

EdgeGroen(EF) X EdgeGroen(EF) = man. 25% EdgeGroen(DF) + 50% EdgeGroen(EF) +25% Groen wyf. 50% EdgeGroen(EF)+50% Gr 

EdgeGroen(DF) X EdgeGroen(EF) = man. 100% EdgeGroen(DF) wyf. 100% EdgeGroen(EF) 

Bont : Die mutasie is nog uiters skaars en verskil baie van voël tot voël. Die vere wat geen swart pigment bevat kan min of wyd verspreid wees Die bont eienskap kan opvallend wees of minder opvallend. Die mate van bont is nie ‘n aanduiding van  hoe die kuikens gaan lyk nie. Die verlies in swart pigment kan ook die pote  beinvloed, waar die naels swart is sal die verlies aan pigment die naels bleek maak.

  

BontGroen X Groen = 100% Groen/Bont (*) 

Groen/Bont X Groen/Bont = 25% Groen + 50% Groen/Bont + 25% Bont 

BontGroen X Groen/Bont = 50% Groen/Bont + 50% BontGroen(*)

Pryse:
 Die pryse wissel vanaf R150elk vir Groen tot R1500elk vir Creamino en Edge (DF). Die prys van bont is nog onbekend aangesien die kleur nog baie skaars is en nog nie volkomegevestig is nie. 

By die aankoop van mutasies moet altyd onthou word dat die volgende nie kan voorkom nie: Geen wyfie kan split vir Lutino of Creamino, slegs mannetjies. Lutino en Creamino sal die donker faktor verberg.     Lutino en Creamino sal die Bont faktor verberg. Geen voël kan split vir ‘n donker faktor.Alle Groen voëls kan split vir Blou (Turqouise).                        Geen voëls kan split vir Edge (Spangle). Dubbel faktor mannetjies en enkel faktor wyfies lyk altyd dieselfde. Alle Edge voëls wat min verbleking toon sal altyd enkel faktor mannetjies wees.  Alle voëls kan split vir Bont. Aangesien Bont resessief is kan voëls nie dubbel faktorig wees nie.

  Geskryf deur Fanie Klopper.

Comments are closed.

Search
Bookmarks
Login
Poll
    • What do you think of our new website?

      View Results

      Loading ... Loading ...